Daar word gevind dat heelwat siektes versprei word deur ongewaste hande, en dit is nie net verkouse wat dalk 'n houvas kan kry met vuil handjies nie, maar meer ernstige siektes soos bronchiolitis en selfs diarrhoea.
Nou om jou kind te kry om hande te was is opsig self 'n ondankbare taak, maar om jou kind te kry om reg hande te was voel soms amper onmoontlik.
Die volgende kan dalk helpom dinge te vergemaklik:
- Kry iets waarop jou peuter gemaklik kan staan om by die wasbad by te kom.
- Die meeste peuters is gek na water en jou grootste hekkie gaan wees om die “gewas” tot slegs die hande en gewrigte te beperk.
- Kry vloeibare seep wat maklik is vir klein vingertjies om in te vryf en onthou tussen die vingers, onder die naels, en die gewrigte; amper soos 'n dokter skrop voor 'n operiasie.
- Maak seker dat jou kind vir ten minste 12-15 sekondes in-seep, jy het nie anti-bakteriese seep nodig nie enige seep sal werk.
- Maak dit pret, en was sommer saam hande, kinder is altyd gretig om “groot-mens” dinge te doen, en dit sal ook makliker wees om hulle te kry om dinge te doen wat hulle jou sien doen.
Dit is baie belangrik dat kinders hande was as:
- Hulle genies of gehoes het;
- Hulle met troeteldiere gespeel het, of in die tuin “gewerk” het;
- Hulle doek geruil is; of die toilet gebruik het;
- Voor etes; of voor daar met kos gewerk word.
Dit mag dalk voel asof jy soos 'n gekrapte plaat klink deur aan te hou herinner om hande te vas, maar onthou dit mag dalk net help om jou een minder dokters besoek te laat aflê.
Dit mag dalk voel asof jy soos 'n gekrapte plaat klink deur aan te hou herinner om hande te was, maar onthou dit mag dalk net help om jou een minder dokters besoek te laat aflê.
No comments:
Post a Comment